Posts

Showing posts with the label compound loss

Ontheemding

  Dis wanneer ek só voel dat Buurman se .270 baie aanloklik begin lyk waar hy in die kluis toegesluit staan. Die wanskape misvormdheid voor die computer kan nie skryf nie. Die ding sit op die stoel met 'n klip in sy maag, 'n krampagtige gevoel wat eers herinner aan opgewondenheid, tot die gedrog besef: dis vrees wat so voel. Verlammende vrees vir wanskape wees. Die wanskape wese vrees sy eie wanstaltigheid. Ek soek woorde in die HAT, want hierdie wanskapenheid bestaan buite die kring van naamgewing, soos 'n brandsiek township-hond wat aan niemand behoort nie. Die lelike ding wat niemand wil sien nie, wat almal van wegkyk; nie van wil weet nie. Wat mens sommer wegskop wanneer hy 'n oorlas van homself maak.   Op die laaste dag van September stuur my suster twee vars foto's van ons ma. Sy vra eers of ek wil sien, want sy is gaaf en het begrip. Ek sê ja en laai die foto's af. Dit vat my weke om die foto's oop te maak. Ek kyk skrams, sonder om te sien. Ek raak ga...

Die ding sonder naam

Image
Wat is dit wat ek verloor het, wat ek in my arms gedra het en nou weg is? Wat in my hart was vir so 'n kort rukkie voor die leegheid teruggekom het? Ek moet die ding se naam uitvind sodat ek dit weer kan soek. Maar dis dalk nie iets wat mens kan voor streef nie. Dis dalk iets wat óf daar is óf nie.  My leegheid dra die vorm van 'n swart-en-wit katjie met lang beentjies en die vreeslikste liefde vir mense. Johannes , het Buurman hom genoem, "Djou Highness". Ou Hannessie, wat voor my uitgehardloop-spring het as ek sy naam roep kamer toe waar ons sy kossies weggesteek het vir die ander katte. Die purr-masjien wat my vyfuur soggens kon wakkerspin met sy entoesiasme vir nuwe daglig, wat moes eet die oomblik dat hy wakker word. Sy sagte katjielyf is wat my arms mis, die gat in my borskas dra sy vorm.  Ek raak afgesluit van die wêreld daarbuite. Dom. Stom. Dis nie moeilik hier in die kloof nie. Ek ignoreer eenvoudig emails, selfs die dringendes. Die gastehuisbeddens st...