Posts

Showing posts with the label life

'n Tyd om te kom en 'n tyd om te gaan

Image
   Winter 1968 Wat is beter: om te weet jou pa gaan dood of om hom onverwags te verloor? So wonder ek en my neef nou die dag. 'n Ander niggie, wie se pa onverwags weg is, reken sy sou enigiets gee vir nog net een gesprek, vir die kans om te kan afskeid neem. Ek sê ek weet nie. My pa (middel agter op die foto hierbo) is dood ná twee maande in 'n hoësorgeenheid. Hy het sy hoeveelste hartaanval oorleef en sou moes terug hospitaal toe vir 'n hartomleiding wanneer hy sterk genoeg was. Een keer was dit ámper. 'n Dominee in 'n bruin poliësterpak roep my eenkant toe in die intensiewe eenheid. Hy wil weet of daar iets fout is tussen my en my pa. Ek voel oorbluf. Ek kan nie sien waarop die gesprek afstuur nie. Die magswanbalans tussen outoriteitsfiguur en sestienjarige laat my onseker staan. Nee, hoekom? Want dit lyk of jou pa nie wíl lewe nie, sê hy. Ek steek die geheim weg dat ek en my pa baklei. Dat ons nooit praat oor my dooie ma (heel regs op foto bo) nie. Dat hy drink e...

The Mother's Life

Image
  For Nomzamo     who ended her brilliant life on the 8th of April 2021   All unborn life is sacred they say except in case of rape or incest or when the mother's life is at risk   Then you may kill the child who would want to carry that product of violence that evil spawn for nine months push it out between your legs   Would you?   Some of us, ill-conceived yet unaborted, Eros and Thanatos in constant tug-of-war   You sentence us to death a thousand times then mourn when we kill ourselves            ❤     https://medium.com/the-understanding-project/the-ancient-dance-between-eros-and-thanatos-492afb747ef

Jock, die priester (en ander leuens)

Image
Proloog Werk Oorwin Alles Ek lê in my witgeverfde kleindogtertjiebed met die blink, goue randjie rondom die gladde houtkopstuk. Dis seker nie rêrige hout nie, eerder 'n soort plastiekhout, die oppervlak veels te glad om eg te wees. Die dik winterlaken met sy fyn blou blommetjies voel growwerig onder my ken en teen my nek. Dis handgewas en ruik effens na Omo. Ek is nege jaar oud en lê laataand wakker in my winterpajamas onder wolkomberse, voor die tyd van duvets. Die omringende lig moet die maan wees want die huisligte is lankal af. Dis plaasstil. Ek wens ek kon huil, maar ek kan aan niks dink wat trane regverdig nie. Ek weet net dat daar iets met my verkeerd is. Ander mense het iets goeds en moois wat ek nie het nie. In my is daar iets leliks. Dis deel van my. Ek ís die gebrek; die gebrek is ek.  Dit was nog altyd so. In die alleenheid word 'n idee gebore: as ek belowe om van nou af niks verkeerd te doen nie, as ek alles reg kan doen, sal die oordeel my verbygaan? ...

You Can't Replace The One You Lost

Image
Even the vet cried when I told her about Hannes . She'd spent so much time with him at the practice, she said. When he was first brought there as a foundling and again after the mauling incident - he became her after-hours companion. He even boarded for a weekend when he was between vaccinations and our usual kennels wouldn't take him. The veterinary staff knew him well, my little people-loving purr-machine. I had sent a message with a selection of photos to the receptionist after he died, but the news hadn't reached the vet, so it was left to me to break it to her this morning. Of course her wet eyes yanked at my own heartache and I came home with a lingering nostalgia, the longing reignited. Maybe it was too soon to get another kitten. He's not the same and I don't expect him to be the same. I deliberately chose a feline as different from Hannes as possible. Stoffel is a long-haired ginger kitten from Montagu whose owner is lea...