Posts

Showing posts with the label depression

Ons het jou in die Kaap gaan haal

Image
   Die Fairlane is 'n paar jaar later ingetrade - circa 1974   ❤   My pa het my so liefgehad dat hy sy kar se venster met 'n wielspanner flenters geslaan het om te sorg dat ek nie warm kry nie. Dit was die somer van 1968 en snikwarm in die Groot Karoo. My pa was lief vir karre. Hy't die lang, babablou Ford Fairlane sonder vinne kort vantevore gekoop, net voordat hulle moes Kaap toe ry om my te gaan haal. Die kar het elektriese vensters gehad, spoggerig vir sy tyd, maar klaarblyklik nie lugreëling nie, want toe die vensters weier om af te rol met die terugkomslag deur Laingsburg of Beaufort-Wes of Prins Albert, toe's hulle bang ek versmoor. Van 'n man wat sy karre in sy hart gedra het, moes dit veel gevat het om willekeurig sulke skade aan sy splinternuwe vlagskip te pleeg. Aan my pa se liefde vir my, tien dae gelede agtergelaat in die Mowbray-verpleeginrigting en nou op pad na my nuwe huis op 'n Karooplaas, bestaan daar dus geen twyfel nie. Vyftien jaar late...

Ontheemding

  Dis wanneer ek só voel dat Buurman se .270 baie aanloklik begin lyk waar hy in die kluis toegesluit staan. Die wanskape misvormdheid voor die computer kan nie skryf nie. Die ding sit op die stoel met 'n klip in sy maag, 'n krampagtige gevoel wat eers herinner aan opgewondenheid, tot die gedrog besef: dis vrees wat so voel. Verlammende vrees vir wanskape wees. Die wanskape wese vrees sy eie wanstaltigheid. Ek soek woorde in die HAT, want hierdie wanskapenheid bestaan buite die kring van naamgewing, soos 'n brandsiek township-hond wat aan niemand behoort nie. Die lelike ding wat niemand wil sien nie, wat almal van wegkyk; nie van wil weet nie. Wat mens sommer wegskop wanneer hy 'n oorlas van homself maak.   Op die laaste dag van September stuur my suster twee vars foto's van ons ma. Sy vra eers of ek wil sien, want sy is gaaf en het begrip. Ek sê ja en laai die foto's af. Dit vat my weke om die foto's oop te maak. Ek kyk skrams, sonder om te sien. Ek raak ga...

The Mother's Life

Image
  For Nomzamo     who ended her brilliant life on the 8th of April 2021   All unborn life is sacred they say except in case of rape or incest or when the mother's life is at risk   Then you may kill the child who would want to carry that product of violence that evil spawn for nine months push it out between your legs   Would you?   Some of us, ill-conceived yet unaborted, Eros and Thanatos in constant tug-of-war   You sentence us to death a thousand times then mourn when we kill ourselves            ❤     https://medium.com/the-understanding-project/the-ancient-dance-between-eros-and-thanatos-492afb747ef

There's a Bat in the Batman Logo?

Image
  or    "Not Seeing the Forest for the Trees"     If you haven't read this post , please do that first. The story follows on from there. Okay, back to "coming out": At the end of our sixth session, the psychologist asked if anyone had ever suggested I might be neurodivergent and gave me a test to take home. Long story short, it turns out I'm autistic *, have been all along, always will be. Your present disbelief is a compliment for how I learned to use my intellect to mask my autistic traits. I know I don't " look autistic " (what does autistic look like?). I certainly don't "feel autistic". Even with a professional diagnosis my reaction was the same as yours: I didn't believe it. I do not avoid eye contact. I know "wearing his heart on his sleeve" does not mean a real heart or a real sleeve. I understand facial expressions. My interests are the opposite of restricted. I abhor sameness a...

Coming Out

Image
    No, I'm not LGBTQIA+ . And if you don't know what that means, shame on you click on the letters to find out.      [...waiting for the Flintstones to find their way back from the link...]    Ah, I see you're back.   Sit down.    Let me tell you a story.    At the beginning of this globally conspicuous year a scorpion killed my kitten . I had loved the little critter - the cat, not the scorpion - and I was devastated. Hannes had been given my Dad's name in a hubristic temptation of fate and fate answered. The small, soft, patched body that used to perch on my shoulder and purr into my ear while I sat at my desk lay lifeless under the Oregon pine kitchen cupboard where he'd crawled in to die. I sat outside on the gravel and howled like a mother who'd lost a child, because I had.   His favourite place I thought expressing grief during the loss meant I wouldn't stuggle with depression afterwards. But I stayed listless in ...

Jock, die priester (en ander leuens)

Image
Proloog Werk Oorwin Alles Ek lê in my witgeverfde kleindogtertjiebed met die blink, goue randjie rondom die gladde houtkopstuk. Dis seker nie rêrige hout nie, eerder 'n soort plastiekhout, die oppervlak veels te glad om eg te wees. Die dik winterlaken met sy fyn blou blommetjies voel growwerig onder my ken en teen my nek. Dis handgewas en ruik effens na Omo. Ek is nege jaar oud en lê laataand wakker in my winterpajamas onder wolkomberse, voor die tyd van duvets. Die omringende lig moet die maan wees want die huisligte is lankal af. Dis plaasstil. Ek wens ek kon huil, maar ek kan aan niks dink wat trane regverdig nie. Ek weet net dat daar iets met my verkeerd is. Ander mense het iets goeds en moois wat ek nie het nie. In my is daar iets leliks. Dis deel van my. Ek ís die gebrek; die gebrek is ek.  Dit was nog altyd so. In die alleenheid word 'n idee gebore: as ek belowe om van nou af niks verkeerd te doen nie, as ek alles reg kan doen, sal die oordeel my verbygaan? ...